|
Wicus and Hannes Pretorius (albei JL Pretorius) is mede vennote van JL Pretorius Boerdery. Hulle boer die afgelope 11 jaar op die plase Tambotiespruit, Yzerfontein en Paardekraal (gesamentlik ± 6500ha) by Rooiberg, Thabazimbi distrik.
As Meganiese Ingenieur het Wicus reeds sy staal gewys as suksesvolle sakeman. Hy was ook vir ‘n aantal jare Direkteur (bemarking) by Wildbedryf S.A waar hy die initiatief geneem het om die Buffel Eienaars Verening te stig. Saam met Hannes (B. Com. Toerisme Bestuur en WRSA Limpopo Bestuurslid) is hulle besig om uitsonderlike skaars wildspesie diere met groot passie te teel.
Van meet af aan was die twee natuur liefhebbers se visie om net met die beste gehalte diere te boer. Wat skaars wild spesies aanbetref is Oos Afrika buffels sedert 2004 vanaf Mike Englezakis, Kwanare, Sable Ranch en uit verskeie dieretuine onder andere Duitsland, Japan en die Czech Republiek aangekoop. Hierdie uitsoek groepe word afsonderlik gehou op die drie plase.
Die kern van hul Zambiese en Matetsi Swartwitpens teeldiere is afkomstig vanaf Piet Warren en Thaba Tholo. Daarbenewens het hulle pragtige Tsessebes, Goue Wildebeeste, Livingstone Elande, Njalas en ander gewone spesies wild.
Vir enige navrae of belangstelling kan Wicus en Hannes as volg gekontak word::
Wicus : 0825786213
Hannes : 0795238145
e-pos : buffalocreek@webmail.co.za
GPS : S 24º42’39.54” E 27º39’09.43”

|