Trophy Breeders
Genius Loci Game Ranch

Willie en Christa Saayman het 16 jaar gelede besluit om die wildsplaas, Genius Loci, te koop nadat hulle verlief geraak het op die pragtige natuurskoon en veral die Elandsrivier wat deur die plaas loop - vanwaar die naam Genius Loci, wat beteken "The spirit of the place".

Aanvanklik is daar met gewone wild geboer, maar ongeveer 12 jaar gelede is daar begin boer met skaars spesies van hoogstaande kwaliteit.

'n Swart rooibok ram is by Dr Dirk Neethling gekoop, nog voor enige veiling van hierdie spesie plaasgevind het en vandag is daar uitsluitlik swart rooibokke op die plaas.

Die Buffels is van Oos-Afrika afkoms en aanvanklik aangekoop by Makadikwe en Pilansberg.

Die Swartwitpense is die Suid-Afrikaanse spesie en is aangekoop by Atherstone, deels beheer deur natuurbewaring en die geselekteerde bulle by Sable Ranch.

Verder word geboer met Tsessebees en Hartswater-Springbokke en Mev Christa Saayman het pas begin boer met Goue Wildebeeste en Goue Gemsbokke, sowel as Swartwitpense met Zambiese kruisings, wat  in 'n aparte kamp aangehou word.

Die vier-ster Tshukudu Lodge, asook Kigeli Nature & Wellness Spa en Mystic Monkeys & Feathers Wild Animal Park is ook  geleë op die wildsplaas.  Mystic Monkeys & Feathers het die grootste versameling primate in Afrika, sowel as oa Wit Leeus, Cheetahs, Bengaalse Tiere ens.

Hoewel Willie Saayman se voltydse werk die van 'n Akte Prokureur is, het sy passie vir wild en die natuur hom gedryf om die plaas Genius Loci te ontwikkel tot 'n volwaardige besigheid met noemenswaardige besigtingswaarde en potensiaal.

Willie Saayman - Cel: 082 566 4928

Webtuiste:  www.gl.co.za

Koordinate:  S25º12.635 E28º31.551

previous Breeder  next Breeder

 

Top of Page

© 2010 - 2011. Trophy Breeders
(Association Incorporated under section 21).
All rights reserved.

[Home] [About Us] [Game for Sale] [Gallery] [Contact Us] [Links] [Articles] [Game Wanted] [Newsletter] [Videos] [Auction Catalogue]

Designed by Equadoor | Webmaster