Trophy Breeders
Motswere Game Ranch

Jan & Elsa vd HeeverJan en Elsa van den Heever, saam met hul twee kinders Ferdie en Marisa is die trustees van die Eljan Familie Trust, wat die afgelope 25 jaar ’n baie suksesvolle kontrakteursonderneming vir elektriese infrastruktuur, asook wild-en beesboerderye besit. Hierdie ondernemings word baie suksesvol deur Jan en Elsa gesamentlik bedryf.

Die plaas Twee (nou bekend as Motswere Game Ranch) is in 2006 aangekoop,  en ontwikkel in ‘n modelwildsplaas vir skaars wildspesies.  Die plaas grens aan die Maricorivier naby Rooibokkraal in die Thabazimbi- distrik.  Hulle he took in 2010 die buurplaas Marico Water aangekoop om die

Spesialis  boerdery te kan uitbrei, veral  om die buffelboerdery en projekte  te verbeter.

Hulle het 40 hektaar lusern onder spilpunt gevestig, sodat hulle genoeg gehaltebyvoeding vir hulle diere kan produseer. Die surplus lusern word gedurende die wintermaande vir hul diere op hul ander plaas, Kareekraal in die Dullstroom distrik vervoer, waar hulle met Drakensberg-stoetbeeste en gewone vlaktewild boer. By die aanvanklike aankoop van hul teeldiere was gehalte vir Jan en Elsa ononderhandelbaar en slegs die beste teeldiere is van bekende en erkende wildtelers in die bosveld gekoop.

Vandag boer hulle intensief met gehalte skaarswild soos swartwitpense, bastergemsbokke, buffels, njalas en ook vele ander gewone spesies. Hulle het ook swartrooibok projekte begin. 

 Jan en Elsa is trots om te sê dat hulle eerlike besigheidsmense met integriteit is, en dit definitief ook in die wildbedryf uitleef. 

Motswere gaan met trots van hulle beste aanteeldiere te koop aanbied op Trophy Breeders se 2de gesamentlike veiling.

Voornemende kopers is baie welkom om hulle te besoek by Motswere Game Ranch en na die diere te kyk. Skakel hulle gerus:

Jan 083 250 4828 / 0824659727;
Elsa 082 579 2975.

GPS: S 24 19'28.7'' E 26 44'04.8''

Location Map

previous Breeder  next Breeder

 

Top of Page

© 2010 - 2011. Trophy Breeders
(Association Incorporated under section 21).
All rights reserved.

[Home] [About Us] [Game for Sale] [Gallery] [Contact Us] [Links] [Articles] [Game Wanted] [Newsletter] [Videos]

Designed by Equadoor | Webmaster