Trophy Breeders
Palala Game Farms

Ontmoet die drie broers van Palala Game Farms. Hulle is André, Arnold en Jurie Du Plessis. Hulle is suksesvolle sakemanne wat onder andere die BB Group en Global Nissan besit en suksesvol bestuur. Op die familieplase aan die oewer van die Limpoporivier, boer hulle ook intensief met beeste en wild. Hierdie plase beslaan 14 000 ha, en is geleë in die Tom Burke distrik. Ook word daar op grond buite  Polokwane geboer met beeste, skape en wild.

Ter wille van bewaring en erfenis het die broers in 2007 besluit om met skaars en eksotiese wildsoorte te begin teel. In die Bosveld spits hulle hul toe op die teel van bastergemsbokke, swartwitpense, buffels  en njalas. Die kudde swartwitpense bestaan uit Zambiese en Matetsi gene, en daar word gepoog om te teel na suiwer Zambiese gene. Die broers streef daarna om gehalte en gesonde trofee- en teeldiere aan die mark te voorsien.

Afgesien van kwaliteit wildvoer, vitamiene en natuurlike voedsel, is daar ook  58 ha bloubuffelgras onder besproeiing om gehaltebyvoeding (veral in die wintermaade) te verseker.

Voornemende kopers en belangstellendes is welkom om die broers  te kontak vir ‘n afspraak. Besoek ook gerus Palala Game Farms se webtuiste by www.palala.co.za.

André du Plessis :    083 229 1886

         andre@bbgroup.co.za

Arnold du Plessis :   082 893 4823

         arnold@bbgroup.co.za

Jurie du Plessis :      082 807 5221

         dp @ bbmotorstzn . co . za

previous Breeder  next Breeder

 

Top of Page

© 2010 - 2011. Trophy Breeders
(Association Incorporated under section 21).
All rights reserved.

[Home] [About Us] [Game for Sale] [Gallery] [Contact Us] [Links] [Articles] [Game Wanted] [Newsletter] [Videos] [Auction Catalogue]

Designed by Equadoor | Webmaster